
LIEFDE
LIEFDE
waar liefde ontbreek
het ek gebreek
het mond gesê maar hart óntsê
het hande gehou maar hart ónthou
het lyf onthou met ‘n hart ontrou
het U dan nie die brood gebreek?
smeek ek dat U dié hart óntbreek
dat U my sê, óntsê
my rou, óntrou
dat Heer U my ontrou
vir ewig ón-ontrou
as U wat LIEFDE is
my beker vul en my vervul
my styf vashou
my laat onthou
van als wat was en als wat sou
wie sal dan Heer
die liefde weg kan keer?
© Barbara Smit – 24/09/2020
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek