Jongste aktiwiteit:

blydskap

groter blydskap kan daar nie wees

oor my duin skeur die sonstrale
die nuwe dag oop in rooi-oranje kleure
verder oor die turkoois kleurige baai
omring met wit-geel strande
ruis die golwe in blydskap
maak elkeen sy merk
met ‘n wit skuim
soom
dag
en nag
wissel af
dae en weke
vorm maande en jare
van ‘n kort lewensbaan
elke mens gryp na geleenthede
sal hy wat op my duin sit dan nie
ook gryp na die deur nie
deur wat oopgaan
na Hom wat is

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed