
nederlandse tulp
soos ‘n suiwer windjie
het sy uit die noorde gekom
klokhelder het haar stemmetjie
die landskap kom sny en verander
elke gedagte verryk en gekleur
nederig en onskuldig eerlik
herskep sy die ruimtes
van musiek en tone
mag haar stem
altyd oor ons
landskap
sweef
©Teárlach
(Vir: Amira. 20/09/2020)
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Barbara
pragtig geskryf!