vatbaar
my duin lê soms bar
hardloop gesigte en gedagtes
die wye wêreld is oop gevlek
met elke prentjie en blad
kan jy dalk ‘n sielemaat
op die wye web van media vind
daar is voorbeelde daarvan
soms baie suksesvol so
wys dit dalk op leemtes
van normale kommunikasie
tussen aangetrokke mense
wat persoonlik ontmoet
wat vertel jou boodskappe
aan ander soekende siele op die web
maak dit dalk ander indrukke daar
as wat jy regtig kan gewaar
die fyn lyn tussen die golwe
en die lang uitgerekte strande
is slegs ‘n silwer soom skuim
bewaar jou siel van kwaad
jou hart se wens kan maklik
onverwags oopbreek en gebeur
kan jy jou hart oor die net
onomkeerbaar verloor
my duin is soms so vatbaar
vir indrukke van die mooi en skoon
so asof die natuurlike mens in my
drang om te wees nie wil verloor
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.