SOU JY BLY? (silwer)
sou jy bly?
as jy
my binnekamer
sou betree
my sonder
vreugdesmasker
sou ervaar
sou jy
in die skaam-skemer
van my liefde
wou vertoef?
sou jy
verstrengel raak
in die rafels van my tong
my vrese en onsekerheid
jou wurg
sou jou hande teer
steeds só sag
oor my wang kon streel?
sou
rustelose storms
in my opruk
die hemele verswart
dit kook en borrel in my hart
sou jy steeds
wou bly by my?
© Barbara Smit 13/10/2020
2 Kommentare
-

Seirdna
Uitstekend Barbara en baie geluk me jou eerste plek vir Oktober in die Silwer afdeling.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2020 – OOP-projek