nêrens
eenkant van nêrens lê die plaas
diep versteek in ‘n droë, donker kloof
luiperds was nog tiere genoem daar
bosvarke het in troppe daar gewei
bosbokke helder oordag geblaf
maar helaas nie meer so nie
nêrens het uit vyf plase bestaan
geen kar kon soontoe beweeg, net die trein
ver uit die kaap se see grond het hulle gekom
die berg getem, ploeg ingesteek en tiere gevang
met slange handel gedryf om sakgeld te kry
vir die vrouens was die lewe baie hard
jaar na jaar, goeie oeste gemaak sonder mark
gestoei, gesweet en weer probeer in mark
inheemse bome in planke gesaag, verkoop
met stoom gesaag en water gepomp
paaie met pik, graaf en baie sweet
uit rotse gekap en geskep
maar helaas, nêrens is nie meer
vergete lê dit in familie anale verberg
herinneringe aan grafte en ou opstalle
lank reeds deur wind en weer verstof
so het nêrens net ‘n gedagte geword
wat net my droë duin van weet
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Barbara
ek verlang ook na nêrens... sal myself verloor in nêrens en myself versadig in niks.