Ek soek jou
ek soek jou in die skoonheid van die natuur
daar waar my roksoom raak as ek gaan sit en wag
waar water druis kan ek vir ure stil tuur
op soek na jou beeld ‘n oomblik in pag
ek soek jou in die blou lug
wanneer drome rondom my wentel
in die natuur voel ek jou vol lewenslus
besef ek die liefde rondom ons vasgegrendel
weet ek jy kyk af na my in engelgewaad
ons liefde vir ewig vasgevang in wag
nooit weer sal iemand jou liefde skaad
verruklik en uitgeleef in volle prag
ek soek jou in my onthou dae
terwyl jou oë saggies oor my heen streel
voel ek die liefde in vervloë dae se insae
die tye van reghelp en menings goed verseël
as ek maar net geweet het tyd is min
het ek meer ingedrink van jou kleurvolle mooi
aan tyd is ons almal gebonde vir besin
soek ek jou in liefde oorgedra mooi getooi
besin eer ons begin in reg geskied
terwyl die lewe agter ons verbyraak
soek ek jou verhaal oor almal gegiet
lewens in lesse vol vertroue bewaak
©Louisa van Vliet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek