Jongste aktiwiteit:

Vensters van Siele

bedorwe brokkies
skrynende skandes
uitgelewer hoogmoediges
vuilspel in aftakeling
diep word harte getrap

buite word hulle opgehewe
in magte waar slange spoeg
word hul aangehang
deur opperhowe vir aanwins
soos vuil vensters sienende blind

vertrap word die wereld
die invloede vier hooggety
en die vensters van siele
vind vuur in hul boesem

nog nooit was ons uitgelewer
aan vuilspel wat hoogety vier
word ons stil gemaak in ons huise
en skoon harte begin bid vir genade

©Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

1 Kommentaar

  • Koos Elsum

    Dis passie teen die valsheid en nog erger die voorgestelde waarheid wat eintlik net wins gejaag is op geld en emosionele vlak “vensters” is so waar. Dankie sukkel ook met die dubbel waardes in ons gemeenskappe op alle vlakke. Ons leer deur te ander te lees en kommentaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommentaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek jou vra om dieselfde te doen en so die Ink ervaring vir almal te verryk.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed