Jongste aktiwiteit:

Meermin (Opdrag 5)

ek verstaan dat jy wil loop: die salpetersak is swaar my lief en sonlig ongefilter ek weet jy wil nie bly nie: die deining is te monotoon en rotstroon ongekussing maar voor jy landlangs loop oorweeg vlietend tog my wens in sand gevingerploeg vir jou: min- my-meer © Denise van Rensburg 07/08/2018

Lees meer

Rolverdeling (Opdrag 4)

het jy `ʼn ander rol vir my siende my Aspoesterpolvy (volgens agter-hand-gissery) nou `ʼn ander voet gevind het en my Griet verdwaal in die bos omdat jy vergeet om vir haar wit klippies te los: het jy `n ander rol vir my? © Denise van Rensburg 30/07/2018

Lees meer

Skrywersblok (Opdrag 3)

as die moet van mooi-moet-sê spartelend in my krop kom lê draai die woorde kortom weg en los enkel los klanke vir grysstof se vleg as die nou van skryf-nou-gou paniekerig sinne wil-wil bou keer tot cliché my toe die rug en stol ink se vloei onder stom se brug sal dwang se stang pen […]

Lees meer

Teenaanbod (Opdrag 2)

Met das gegalg en prada geanker in rigiede grein van linker brein moet my bid Mammon se oor logies bekoor sodat sy seën met klaterflonker en groter pronker my kan bekeer tot dogma wat leer dat die hemelroete geteer is maar die pad wat regs van midbrein kartel lok my gekoördineerde spartel om gewigloos te […]

Lees meer

Verskoon my

Vergewe my dat ek onfilosofeer vannaand al amber wysheid in my glas… My denke is bloot so gekalibreer dat my ondink sinpraat keer. Vergewe tog dat ek woorde van liefde onsê vannaand al lê bewyse so ondiep… my voel is bloot te sinies om weer en nog `n keer te glo dit is nie ongoed […]

Lees meer

Vals deuntjies vir moeë harte

Jan Pierewiet Jan Pierewaai MY Jantjiepiet sit stil. Die kinders huil, die huis is vuil, maar my Jantjie Piet sit stil. So hou jou soen, my man ‘k maak steeds koffie vir jou kan en jou na-saad maak ek groot; sit maar nog, ek smeer jou brood. Ai Jannie-Piet, my Pietie- peits, stug Pieter-Jan rol […]

Lees meer

Vir aandag: Jaco Jacobs – Opdrag 1

Geëerde meneer Na ʼn ewigheid se sukkel en soek na unieke karakters vir my eie kinderboek gee ek die stryd gewonne, (besef my pogings was onbesonne) want nêrens bestaan ʼn mens, ʼn dier of ʼn vreemde kreatuur wat nie reeds in jou verse pronk nie. Vervolgens word versoek: Kan jy jou verbeelding nou op hok […]

Lees meer

Mevrou Noag

Vanaand kook jy! Ek is op, gedaan… sou nooit kon dink dat dit met my so swaar op hierdie reis sou gaan nie. My kop draai van die lawaai wat nooit stil word of selfs sagter en met die skoonmaak van die plek is ek sewe weke agter. Vra ek jou nou, Noag: Hoe gaan […]

Lees meer

Neus

Ek asem jou tot jou boeket agter op my my tong loop rus en jou reuk my ruik verruk, soos nat gras die more.

Lees meer

Semelkop

Metafore aborteer en beeldespraak die kantel. Verfynde taaltegniek ten spyt begin woordbravade wankel. Ek transponeer my liefdeslied na toonleer van gewoon en voel my minnesang ontaard in bloot net nog `n kloon. My lyf se tango minag jy: ons dans die struikel… stop. En hier sit ek weer, oudsgewoon, voor jou deur en klop.

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed