Gatsrand Ag moet nou nie maak asof jy nie van Gatsrand af kom nie, niks van niemand weet nie. Daar waar die goue steentjies wegkruip giggel geel graan golf oor Gatsrand en berge en dale kartel soos plooie. Gatsrand kry sy lêplek teen die Witwatersrand suidwes van die Goudstad waar boere en myners hand aan […]

Soos najaarsdou Haar spookasempienk gewaad vertoon sag by haar spierwit kroon, waardig, maar tog vriendelik groet sy elkeen by die kerk se deur. In haar lilapers roomysrok geskep met kromgetrekte hande is sy ‘n Barbie-uitrusting-legende, ‘n aantrekkingskrag vir oud en jonk. In ‘n appelgroen gestileerde pakkie vertoon sy klein en tog kordaat, maar sy groei […]

‘n Gevlerkte lewensles Dis ‘n heerlike sonskyndag in Mieliemuur. Die sonnetjie kom lê sy spore op die sitkamermat. Die voëls kwetter vrolik in die bome. Ek is seker daar word vergadering gehou tussen die takke oor die somer wat hier is. Daar is ‘n getwiet-twiet dié kant en dan weer gekirrr-kirrr daai kant. In die […]
Musiek as lewensbloed Met musiek in ons ore voer verlange ons ver terug. In die bed in Anderkantland, luister ons na Vat Vyf op RSG. Lindenkoor sing en ons harte brand. My gedagtes lei my na Menlopark se meisieskoor met tannie Bonnie Osterhoff wat ‘n klavier kon kielie tot hy uit sy maag lag. Ek […]

Waar blomme groei Hier in die voorhuis in anderkantland, vasgevang in ‘n raamwerk op wiele, blaai ek deur my mobiele metgesel se magdom van sinvolle en onsinvolle praatjies. Ek kom af op ‘n bekende stem uit my hartland, my moederland. ‘n Stem wat week na week vir baie jare ‘n plekkie gevind het in ons […]
Afrikaans, Afrikaans, o wonder taal grappige gewoontes het jy uit die verlede gaan haal. Uit die mond van die suigeling kom die waarheid, het jy geweet die koei word vergelyk met ‘n feit? Feite of flaters beleef ons elke dag maar met flaterwater vee ons dit uit met ‘n lag. Gebore uit Nederlands word die […]
Die Afrikanerwiel Gekoester aan die boesem van ons moedertaal verbind deur die naelstring van ons geboorteland vertak oor wydgestrekte kontinente, bou ons ‘n nasie met aksente. Ons taal, ons hartklop, ons siel aangedryf deur ‘n geankerde Afrikanerwiel. Van heinde en verre vind ons ons mense boerewors en melktert in ons spense in sport en kultuur […]

Tussen leeg en vol Soos die Prediker sou sê: daar is ‘n tyd om bymekaar te maak en ‘n tyd om uit te gooi; ‘n tyd om uit te deel of saam te vat. ‘n Tyd wanneer die leegmaak van kaste ‘n vreemde vryheid bring. Soos die herfsblare jaar na jaar val en die grond […]
Tyd vir uitsorteer Agter toe deure stamp en stoot hul verbete: wie gaan bly en wie gaan ry. Opgerol in houers lê die broekklouers. Hulle is sterk werk in enige seisoen en kan met enige styl versoen. Eenkant en alleen hang hulle en ween die wat weet daar is van hulle vergeet. hulle is nooit […]
Heimwee in die donker Ek lê en wag in die donker vir die daglig se verskyning. My lyf is moeg van die lê. Manlief lê rustig langs my en slaap terwyl hy ritmies asemhaal. My gedagtes kom en gaan soos die treine op Londen se stasie. Die stilte raas soos ‘n duisend sonbesies. Dis tog […]

