Die blomtuin wag #silwer
Die blomtuin wag
‘n Jaar, toegedraai in ‘n papie,
het die lewensloop haar rusplek gevind.
In stille antisipasie wag sy met grasie.
Met brose dapperheid beur sy deur,
versigtig, geduldig, sprei sy haar vlerke
in die ontwaking van ‘n nuwe blomtuin.
Op die wieke van die wind
dra sy haar pakkie stuifmeel,
sprei sy liefde en omgee.
In ‘n soelsagte ontdekkingreis,
met soveel kleure en geure,
ontbloot in elke kelkie se skoot.
Vind sy haar doel,
haar roeping,
haar wese,
haar nis.
Uniek gestik
in die Skepper se stil oomblik.
Christa Diederiks ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir JANUARIE 2026 – NUWE BEGIN projek