Jongste aktiwiteit:

Angsroep oor die vallei

Die roep van die hadida
eggo deur die stilte van die skemer
‘n oorweldigende klank
‘n troostelose verlange

Die pad is vêr
die pad weg van die stad
na ‘n plek tussen mentgroen bome
waar strepies wolke,
laggend in die lug hang

Wanneer die wind saggies
deur sy vere waai
en sproeireën oor die vlaktes dans
sit die hadida rustig in sy glorieryke boom

Weergalm weer en weer
in die wind, in die nag
skryf hy sy eie treurlied woorde
van diepe verlange akkoorde




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed