Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: die padda (BRONS)

Deur Marlene Erasmus
Datum gepubliseer: 13 Maart 2021 Aantal woorde: 95 222 Kere gelees 6

die padda

die meisies lyk verskik en gil
waar hulle bang bewe in die klas
want die stoute Jannie wil
met sy troeteldier spog as die gas

ou juffrou Nel lyk doodbenoud
vandag sal sy boude moet slaan
dreig is nou haar een behoud
oor die flater wat Jannie begaan

want hy dink hy doen goed
dit is mos beter as sy mak slang
hy pluk so ewe die padda uit die hoed
onbeplan maak hy nou almal bang

juffrou het dan so ewe mooi gevra
bring ʼn troeteldier saam wat jy kan dra

©Marlene Erasmus
23/03/2021




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    15 Maart 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2021 – OOP-projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 93
Kommentaar telling: 5

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 143 gaste aanlyn

Bydraes – Argief