Die Afrikanerwiel #silwer
Die Afrikanerwiel
Gekoester aan die boesem van ons moedertaal
verbind deur die naelstring van ons geboorteland
vertak oor wydgestrekte kontinente,
bou ons ‘n nasie met aksente.
Ons taal, ons hartklop, ons siel
aangedryf deur ‘n geankerde Afrikanerwiel.
Van heinde en verre vind ons ons mense
boerewors en melktert in ons spense
in sport en kultuur verbind aan ons nasie
deur wind en weer gereed vir ‘n braai-okkasie.
Ons taal, ons hartklop, ons siel
aangedryf deur ‘n geankerde Afrikanerwiel.
As “Die Stem” op die kassie weerklink
en ons ‘n traan of twee wegpink
sing ons uit volle bors
want met ‘n Springbok moet jy nie mors.
Ons taal, ons hartklop, ons siel
aangedryf deur ‘n geankerde Afrikanerwiel.
Vir jou, Suid-Afrika, sal ons bly staan
waar ons ook al wêreldwyd voortgaan
want om Afrikaans in die vreemde te hoor
wek ‘n stille heimwee-koor.
Ons taal, ons hartklop, ons siel
aangedryf deur ‘n geankerde Afrikanerwiel.
Christa Diederiks ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April Patriotisme projek