my mandjie bars bont met somervrugte sappige soetsels gebore uit lentebloeisels se pastel nóú kleurwiel baldadige bolwange in natuurspens se palet luukse pluksels wat my sintuie van sonseën en reën vertel: onder poeierwange van pruime lê blinkpoets se purper songoud nektarienvliesies spog bespat met vermiljoenblos die handvol aromaryp piesangs lê lepel in gesproete geel een […]

soggens metaal die oossee in blink dagsê ʼn kopergeel sonmantel kreukel sensueel oor die blou selfs wanneer skuimkuiwe soos meringue windklits streel die oseaan se misterie op my kim ontvou kleurspatsels vrugteslaai vrolik in die tuin oasekelkies waar bye met saffraanpofbroekies hommel doudruppels vergrootglas kroonblare in boepenspêrels skatte in oorvloed uit dié seisoen se trommel […]

NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE. (Ekfrastiese vers oor die skildery “Mother of the Tribe” deur Walter Battiss. Hy het gespesialiseer in abstrakte kuns.) groeigroen moeder wat Afrika kloon sit misvormd-swanger op die volsontroon haar verhaal ʼn metafoor van oervolkkuns gegraffiti teen aaneenlopende ongeraamde ruimte palimpses van homo sapiens se (r)evolusie wit sgrafitto-etsels in die donker […]

ʼn verkeersknoop van ambivalente gedagtes frekwent my neuronpaaie ʼn cornucopia eutopia of utopia? my visage portretpraat in geoefende neutraliteit en versteek die chaos van my werklikheid ʼn poespas van breinaktiwiteit antwoorde sonder vrae slim woorde op die perron agtergelaat in geslote tas die trein van my ideale oratoriese redenasies […]

ʼn lemmetjieslok glim bo die fleur ʼn plaashuis gepantser op ʼn parate werf my plattelandse rus is ewig versteur my hoop bloei op die drumpel van die welkomdeur ek omhels landery en veld verdiend geërf ʼn lemmetjieslok glim bo die fleur hier galm “dubul’ ibhunu” se morbiede geur ‘wyl my oë angstig oor die landskap […]
ʼn horison skynbaar onverstoord blou ink wat byna ongesiens in gety en stroom soos semantiese skepsels skryf wit windperdjies wat kappie en deelteken golwe van klem wat aksent en akuut bulderende bigote bruisende branders wat teen suigsandstrande se leekheid in skuim van netvet-“doodles” smelt en in opdrifsels van besoedeling die mens se on- en wanbegrip […]

waar warm walms van waansin wasem en ʼn spieëlbeeld speels-spokerig smoor gluur jý, Delila, agter gekatarakte kondensasie ʼn verdoeselde vreemdeling se weerkaatsing wat ʼn wroegende monoloog oor maatstawwe voer wie’s die ware wese agter die kaal figuur wat tuur deur die trane van kil kaatsglas? sonder kunsmatige aanpaksels en aanplaksels sonder ydele glimpen van grimering […]

jy’t my flenterflarde wat getooiing h a n g in koestervat van jou liefdesvingers v a s g e v a n g en toe uit kuifrafels wat in my stormwind o n t s p i n behendig bestendig ʼn macrame gevlegsel as my nuwe begin Etna Wepener ©️ (Foto Pexels)
ʼn verkeersknoop van ambivalente gedagtes frekwent my neuronpaaie ʼn cornucopia eutopia of utopia? my visage portretpraat in geoefende neutraliteit en versteek die chaos van my werklikheid ʼn poespas van breinaktiwiteit antwoorde sonder vrae slim woorde op die perron agtergelaat in geslote tas die trein van my ideale oratoriese redenasies verpas my denke fratsflits maar my […]

