Jongste aktiwiteit:

Jý in die spieël

waar warm walms van waansin wasem
en ʼn spieëlbeeld speels-spokerig smoor
gluur jý, Delila, agter gekatarakte kondensasie
ʼn verdoeselde vreemdeling se weerkaatsing
wat ʼn wroegende monoloog oor maatstawwe voer

wie’s die ware wese agter die kaal figuur
wat tuur deur die trane van kil kaatsglas?

sonder kunsmatige aanpaksels en aanplaksels
sonder ydele glimpen van grimering
sonder nuwerwetse bybly-coiffure
sonder geboetiekte kyk-na-my-taktiek

gestroop van valse voorgee wat norm is
(ʼn beeld van wat ons almal werklik is)

sal jy hierdie naakte waarheid
sonder gossamergordyn van fotoredigering
wat uit jou spieël terugkyk
trots en trou die wêreld instuur?

hierdie ongekompliseerde ongekunsteldheid
is jou ware profielfoto en geboortenaam

VERITY

Etna Wepener ©️

Voetnota:
Die naam, Delila, beteken “delikaat”
Die naam, Verity, beteken “waarheid”.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed