Jongste aktiwiteit:

Selfgesprek van ʼn oordinker

ʼn verkeersknoop van ambivalente gedagtes
frekwent my neuronpaaie

ʼn cornucopia

eutopia of utopia?

my visage portretpraat in geoefende neutraliteit
en versteek die chaos van my werklikheid

ʼn poespas van breinaktiwiteit

antwoorde sonder vrae

slim woorde op die perron agtergelaat in geslote tas
die trein van my ideale oratoriese redenasies verpas

my denke fratsflits

maar my lippe is toegerits

soos ʼn serebrale hipoksie
sterf suurstoflose spraak in mý disleksie

S L A V I N
van die ewige oordink

bo
blink
o
n
d
e
r
s(t)ink

Etna Wepener ©️




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed