Selfgesprek van ʼn oordinker
ʼn verkeersknoop van ambivalente gedagtes
frekwent my neuronpaaie
ʼn cornucopia
eutopia of utopia?
my visage portretpraat in geoefende neutraliteit
en versteek die chaos van my werklikheid
ʼn poespas van breinaktiwiteit
antwoorde sonder vrae
slim woorde op die perron agtergelaat in geslote tas
die trein van my ideale oratoriese redenasies verpas
my denke fratsflits
maar my lippe is toegerits
soos ʼn serebrale hipoksie
sterf suurstoflose spraak in mý disleksie
S L A V I N
van die ewige oordink
bo
blink
o
n
d
e
r
s(t)ink
Etna Wepener ©️
Woordverklaring:
Ambivalente – dubbelsinnige, teenstrydige
Cornucopia – oorvloed van goed
Eutopia – realistiese konsep van iets goeds wat bereik kan word
Utopia – ʼn plek wat nie bestaan nie
Poespas – oorbodige rompslomp, nuttelose handelinge
Serebrale hipoksie – tekort aan suurstof op die brein
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.