
Net genade (Brons)
(vir my man, Corné)
Selfs in my laaste gedagtes sal ek jou beleef
selfs in my laaste skemeruur van my oë
tot in my laaste asem sal ek elke uur proe
van liefde sagkens gekoester tussen ons
want ek weet die alleendae sal kom
die stilword van jou stem
(of … sal dit andersom wees?)
maar vir nou drink ek elke lewensdruppel soet
wat ons opvang tussen ons kromwordende hande
ons liefdesbeker so gekelk
want …
dis net genade hierdie lewe
dis net genade wat ons liefde omvou
in prag van hierdie aardryk nou
ook in die beloofde hiernamaals
als net genade
© Taai Bonthuys
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek