Jongste aktiwiteit:

Nag van verlange

Brons

Nag van verlange

Kaapstad gooi sy flinkers oor nag se lyf
hier waar die sterre geruisloos
in die hemelruim se donker poele dryf

die son het reeds lankal sy oë gaan rus
daar agter Tafelberg se lenige lyf
het hy sy skyn se warm asem gaan blus

terwyl dag wag om weer oor die horison te breek
lê stilte en sluimer in middernag se arms
wyl maan sy hartstog oor die wêreld wreek

die branders speel viool oor die water se spieël
en hul dra my trane tot daar in die verte
waar ń legioen van trane voor my hunkering kniel

en op ń wolk van verlange bo die heelal
lê ek en vang drome deur die melkweg
daar waar jou stem deur die windstilte val

©️Drienie Joubert Kelly




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed