
So stil stil
So stil stil
Dit bly onverklaarbaar
hoe die liefde so saggies
en ongesiens van iewers vandaan kom
sonder om dit ooit sigbaar aan te meld
en geduldig op die agtergrond bly om
sonder opdringerigheid so incognito
sy aura begin sprei in klein dingetjies
en geleidelik onbewus merk jy die sagte kyk
in die oë en daardie besonder mooi glimlag
en subtiele bedagsaamheid en uiteindelik
tref die volle impak van die scenario jou
en weet jy onweerlegbaar
die liefde het so stil stil arriveer – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.