Jongste aktiwiteit:

Lewe is kosbaar

Lewe is kosbaar

Die lewe is kosbaar op enige ouderdom
maar niks en niemand is ooit veilig
almal is onrustig of vlug vir iets – – –
Die bokkie in die veld wei onrustig en
kyk kort kort op en bespied die wêreld
vir jakkals of leeu in die langgras maar
is magteloos teen die jagter se geweervuur – – –
Olifant se kosbare ivoor en
renoster se nuttelose medisynehoring is
slagoffers van sluwe stropers en bygeloof – – –
Alles tot die kleinste gogga vlug en die
mens met meerdere rede en verstand
dood sy eie spesie en so bly ons agter
slot en grendel en die weerlose diere
in skuilings een die prooi van die ander
totdat eendag die wolf by die lam en
die bokkie vreesloos by die luiperd lê – – –

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed