Jongste aktiwiteit:

Ek het jou gedra

Ek het jou gedra

Ek het jou gedra
oor die duine van my lyf
deur nag se bangmaak-kyke
het ek jou vrees verdryf

Ek het jou gedra
deur my hart se kronkelpaaie
en jou drome het ek gebêre
in onthou se koesterlaaie

Ek het jou gedra
in gebedewoorde op papier
en jou treurpsalms gekoester
deur elke sekonde van dag se uur

Ek het jou gedra
op die wieke van my asem
en jou wense het ek gedoop
met die oggenddou se heilige wasem

Ek het jou gedra
van die wieg tot in die graf
en al wat ek nou hoor is jou stem in die wind
en oor my rug hang hale van dood se straf

©️Drienie Joubert Kelly




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak