Jongste aktiwiteit:

Visvanger

ek sien jou sit
in neonligkantore
en staar deur ruite –
die uitsig is so vaal
maar jy hoor steeds
die stormreën en donder
en op die dak
die gekletter van die hael

jy neem jou vlug
oor hemelhoë geboue
oor vuil teerstrate
– die teer en die beton –
tot waar die son
skyn oor somervelde
en waterstrome
alsó kronkel deur ‘n dal

teenaan die wal’
van vol en stil riviere
vind jou moeë siel
sy vrede en sy rus
daar is weer lig
in die donker van jou oë

en in jou hande
die blink lyf van ‘n vis

*

ek sien jou sit
in neonlig kantore
en staar na buite
deur ruite grou en vaal

© C. Shaw
20 Februarie 2016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed