Reik na die sterre Droom, beplan jou nuwe jaar Soos ‘n Eikeboom Reik op, staan vas, glo en bid En weet, net God kan beskik


As mens in Brakpan bly dan word dit jou plek ons verdra die draakstekery, dit hou ons op die map! Pragtige dorp met aller tipe mens Grênd, kens of trens Maar ken jou plek, jou maniere Wees beleefd, deel jou biere Groen gras, struike en palm bome sierlike ou geboue en puik skole Carnival Casino […]
‘Antie Koot hof toe’ basuin die plaaslike koerant van Dinsdag af al, op die voorblad nogal. Peste. Antie Koot wou nog altyd in die Koffiefontein koerant wees, maar nie vir dít nie. Sy word uitgekryt as ‘n krimineel. Die koerantmense weet nie hoe sy voel nie, gee ook nie om nie. Sy weet wel dat […]

Ok gehoor van ‘n bucketlis’ Gevra wat dit ook al is Blykbaar ‘n wenslys, wa’ jy optrek Wat djy wil doen voor jy eendag vrek Wat sal dan op my wenslys wies, My salaris is min, kan nie kies …ek’s net ‘n druiweplukker in’ie Kaap Wat sal dit wies voor Hy my kom wegraap. Miskien […]

Bloed wat syfer uit my kop Voel God-verlaat… soos Job In my bloed gestik Bloedrooi, gestol, dik ‘n Hamer deur my voorruit … Ek skrik vir elke geluid Geslaan, gekoes, Terug baklei, verwoes Wat het nou weer gebeur… ek kan nie onthou? Wapen op jou gerig gehou Die skoot uit my geheue gesny, Het ek […]

1908. Johannesburg. Jakobus stop langs die pad om eers sy splinternuwe Model T-Ford af te stof. Dis sy eerste motor, en hy het geweet die ligte bande en speke gaan vol stof wees na hy deur die grondpaaie is. Dis hoekom hy ‘n stoflap gebring het. Hy het gesien Johannes van oorkant gebruik ‘n skoenborsel […]

‘n Tsunami bedelaars op straathoeke, met kartonborde, wat bakhand vra ‘Ons baba het geen kos en doeke’ “Askies meneer, dat ek pla…” ‘Geen kos, geen werk, siek vrou…’ Vir elke kleingeldjie dankbaar “Die Here seen vir jou” Honger, arm, vuil, maer… Met vetkryt uitgekrap ‘Help asseblief, God bless’ Of wit geverf die riel trap, Geld […]



