Jongste aktiwiteit:

Jakobus en sy nuwe Ford

1908. Johannesburg.

Jakobus stop langs die pad om eers sy splinternuwe Model T-Ford af te stof.  Dis sy eerste motor, en hy het geweet die ligte bande en speke gaan vol stof wees na hy deur die grondpaaie is. Dis hoekom hy ‘n stoflap gebring het. Hy het gesien Johannes van oorkant gebruik ‘n skoenborsel om sy wiele skoon te kry.

Hy vee die lap versigtig oor die swart blink leer sitplekke, en blaas die stof onder die knope uit. Hy kyk terug om te sien of hy Daniël al sien aankom met die perdekar. Nog niks nie.

Hy en Daniël is al lank vriende. Daniël het hom met die perdekar gevat om die Ford te gaan haal.

Hy vryf die goudkleurige ligte en die toeter blink.

Hy dink weer aan laasweek… Magdaleen het nee gesê het toe hy haar uitvra. Dis oor die kerkmense so skinder. Daniël het gehoor hulle sê hy is snaaks, gesels min, kuier net altyd by Daniël.  Dis hoekom sy ma so op hol raak… sy wil heeltyd hê hy moet vrou soek. Hy is al anderkant veertig, en bly nog steeds by hulle.

Hierdie motor gaan sy status ‘n hupstoot gee!

Jakobus was nog nooit geïnteresseerd in vroumense nie.  Hulle is te vol fiemies, luister nooit. Hy was verloof op dertig, maar Santie het aangehou karring oor hom en Daniël. Gedink Jakobus en Daniël is verlief. Hy moes haar nie geklap het nie. Sy ma was in trane. Frik Venter het mos daai tyd vir Alwyn gesoen – dit was ‘n helse skande, Frik is sommer dorp-uit.

As hy dan móét probeer om ‘n vrou te kry, sou Magdaleen oraait wees. Jakobus glimlag. Daniël het teleurgesteld gelyk toe hy haar uitvra.

Nou gaan Elsie maar saam met hom kerk toe Sondag.  Kerk is veilig. Mens hoef nie te praat nie. Elsie het vreeslik sproete en rooi hare… vat haar net saam om die kerkmense se bekke te snoer.

Daniël stop met die perdekar langs hom.

“Jis hierdie Fordjie is mooi! Ek wil ook leer bestuur.”

“Natuurlik! Ons gaan die hele wêreld vol ry!”

“Ry weer vooruit,” sê Daniël, “jy wil nie in my stof ry nie!”

Hulle maak aanstaltes huis se kant toe.

“Ja…” sug Jakobus terwyl hy vir Daniël in die tru-spieël kyk. “Ek wens ek kon sê hoe ek rêrig oor jou voel.”




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed