
Kartonbord van ’n bedelaar
‘n Tsunami bedelaars op straathoeke,
met kartonborde, wat bakhand vra
‘Ons baba het geen kos en doeke’
“Askies meneer, dat ek pla…”
‘Geen kos, geen werk, siek vrou…’
Vir elke kleingeldjie dankbaar
“Die Here seen vir jou”
Honger, arm, vuil, maer…
Met vetkryt uitgekrap
‘Help asseblief, God bless’
Of wit geverf die riel trap,
Geld vir sy kinders, vyf of ses.
Moenie oordeel – ons bedel elke dag voor God…
“Here, spaar my asseblief hierdie lot!”
(Engelse Sonnet)
3 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Welkom op Ink Papillon! Jou gedig is puik geskryf!