Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Bloed en wraak

Deur Papillon
Datum gepubliseer: 15 Oktober 2018 Aantal woorde: 152 664 Kere gelees 13

Bloed wat syfer uit my kop
Voel God-verlaat… soos Job
In my bloed gestik
Bloedrooi, gestol, dik

‘n Hamer deur my voorruit …
Ek skrik vir elke geluid
Geslaan, gekoes,
Terug baklei, verwoes

Wat het nou weer gebeur… ek kan nie onthou?
Wapen op jou gerig gehou
Die skoot uit my geheue gesny,
Het ek eerder net gery

Ek verskree, ek argumenteer
My binneste voel verskeur
Nog ‘n sigaret, whisky, bier
Nog ‘n woede uitbarsting om die lewe te versuur

Paniekerig, angs, eet min,
Sirkel my lewe soos ‘n haai sonder ‘n vin
Trauma terug in my kop, weer en weer
Hoe kan ek dit keer?

Mense wat staan om sy lyk
Koeël uit my pistool, hy’t beswyk
My lyf styf gespan soos ‘n snaar
Skuldig, Kwaad, Angstig, Naar

In my binneste woed ‘n bom
Niks goeds kan hieruit kom,
Syfer uit my kop, die bloed…
‘n wraak sonder soet

(Paarrym)




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Palet

    16 Oktober 2018

    Baie mooi!

  2. Papillon

    16 Oktober 2018

    Baie dankie Palet!

  3. Anze

    16 Oktober 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 8
Kommentaar telling: 7

'n Nuweling op Ink!  Papillon is 'n Franse woord vir skoenlapper. Ek dartel ook deur die lewe!  Ek het as kind laas stories geskryf. En wil graag weer my hand aan kortverhale waag.  Ek kry my inspirasie van mense- gedrag en die sielkunde.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 143 gaste aanlyn

Bydraes – Argief