Plek van dors jou skimmel son skroei duine rooi Jou droë rivier loop waar Kameeldoringboom gedy Swart maanhaar bulder Kraai krys in jou Augustus wind Troupant het die hofmaak lied gefluit rooi staan die Kalahari my nuutste bruid
Ek stuur vir jou ʼn goudgeel Wydoogblom uit die Cederberg die saffierblou lug iewers in die snikhete stilte die roep van die wind ek stuur vir jou die storie wat homself vertel teen die rooi krans gebergtes toe gekoevert die uitgestrekte dag wat op die oranje gloed van die aandlug wag dra my koevert met […]
Ek het vir jou pienk malvas op my voorstoep geplant aan jou liefde bely in die mooiste neurie-klank ek sal weet wanneer dit jý is die een wat hier by my moet bly ons sal tydloos raak ek en jy en al is jy vir my nog naamloos is jy oral binne my om my […]

Jou dorp lê in puin jou stem van gister weg gekwyn gedaantes sweef oor jou Maanlandskap los vir jou diamantskimme ‘n verweerde nalatingskap hoor jy die seewind vanaf Lüderitz hy bring vir jou gesifte sand jy word ingeloop verskeur deur die woestyn se hand jou rykdom goedkoop verpand nou brand dit koud in jou kaggelvuur […]
Amsterdam Voor ʼn straatkafee in Amsterdam skryf ek vir jou oor tulpe en die ruderalis reuk wat hang fiets klokkies wat lui en die laat winterson maar iewers hier binne my roer ʼn diep verlange na die Kaap die see en die Suid-Oos wat waai ek wens tog dat jy hier was om die naaktheid […]