My Pasmaat
Ek het vir jou
pienk malvas op my voorstoep geplant
aan jou
liefde bely in die mooiste neurie-klank
ek sal weet wanneer dit jý is
die een
wat hier by my moet bly
ons sal tydloos raak
ek en jy
en al is jy vir my
nog naamloos
is jy oral binne my
om my
soos koors
kom net eendag
stap hier in my straat af
hier waar ek
langs die malvas
reeds op jou wag
@Hermien Strumpher
3 Kommentare
-

HelenaMellet
Baie mooi Hermien.
-

Koekekranka
Wat 'n pragtige uitryk na die volkome liefde! Mag dit so wees...
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde projek