Kolmanskop
Jou dorp lê in puin
jou stem van gister
weg gekwyn
gedaantes
sweef oor jou Maanlandskap
los vir jou diamantskimme
‘n verweerde nalatingskap
hoor jy die seewind vanaf Lüderitz
hy bring vir jou gesifte sand
jy word ingeloop
verskeur
deur die woestyn se hand
jou rykdom goedkoop verpand
nou brand dit koud in jou kaggelvuur
dis verby
jou laaste uur
Bouvallig staan jou koningryk
Jou doodsvonnis
uitgereik
3 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek
-

Koekekranka
Jou nou eers 'ontdek." En wat se vreug!!! Pragtig-digtend hoe jy hierdie vervalle dorpie, waar daar siele was wat lief gehad het, wat geleef het, nostalgies laat herleef! Sielskos!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
'n Lieflike gedig. Welgedaan. Dis lekker om sulke werk te lees :-)