
‘n Padkaart na jou
Deur getrapte gedagtes van jou
dwalend in tonnels van onthou,
verstrengel – geknoop jou beeld
tussen newels toe gevou.
Lig ek my fakkel teen duisternis –
verlig ek ’n liefde eens kosbaar…
ek’t lief anderkant môre,
soek ek ’n pas om te vaar.
Verkoop ek my lewe – so duur
vir ’n padkaart na jou …
my lewe moet ek offer
om jou te vind –
kompasloos in die kou.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek