
Springbok se Klip kop
Sondag op Springbok
kry ek slegte tyding…
van jou lyding in ‘n kanker tronk
klouend aan ‘n laaste vonk.
Waar ek sit op die stoep
met ‘n oorvol gemoed
soek ek rede om te smoor
aan krete wat in die verte verloor.
Met ‘n knapsak vol trane
vind my spore ‘n voetpad
teen die yl getakte kop
hier agter die huis
wat dorp toe wys.
Gaan sit ek teen sy kruin
en kyk, totdat kyk verdwyn
tussen silhoeëtte van water
kokerboom en graniet
en die wortel van verdriet.
Pluk ek ‘n droë takkie
uit sy terminale dors
en breek sy skof
voordat trane plof-in-die-stof.
Verbrysel die orige lewe
van stok
en laat dit asemloos vlok
tussen skrede en dood…
Rolbos dìe niks
op wind se kind
en los my blind
vir die laaste lig
van asem
in finale vlug.
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie hartseer, maar goed gepen, Cornien. Mens kan die diep seer sterk aanvoel.