Jongste aktiwiteit:

DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 13

HOOFSTUK 13

Stephen Morrison besef dat hy met die volle waarheid vorendag sal moet kom om homself te beskerm. Op Kas se voorstel lê hy die middag n volle verkaring in landdros Maryna Vosloo se teenwoordigheid af waarin hy die volle verhaal vertel.

Hy vertel van hulle eerste ontmoeting af in die gesellin klub tot waar hy naderhand vir haar die woonstel begin huur het en van hulle tye saam. Hy vertel hoe Shireen verskeie kere voorgestel het dat hy Rebecca skei en met haar trou, ook dat hy vir haar verduidelik het dat dit onmoontlik is.

Hy laat niks uit nie en op Maryna Vosloo se vraag of Kas n klag van dwarsboming van die gereg teen Morrison wil lê skud Kas net sy kop: “Nee edelagbare. Morrison gaan een van my sleutel getuies wees nadat ek Shireen Hatfield aangekeer het. Ek verdink hom ook nie van moord op sy vrou nie. Wat ek wel wil hê is n hofbevel om Hatfield se woonstel te mag oopmaak en deur te soek en n hofbevel dat ek op haar rekening mag ingaan want sy gaan beslis n spoor los deur van haar kaart gebruik te maak”.

Nadat Morrison die verklaring onderteken het gaan hy eers saam met Kas kantoor toe vir verdere ondervraging.

Kas se eerste vraag aan Morrison toe hulle in sy kantoor kom is: “Meneer Morrison het jy enige idée waarheen juffrou Hatfield is”.

“Nee kaptein ek het nie n idée nie. Ek het haar net aangesê om pad te gee en my nooit weer te kontak nie. Ek kan probeer om haar te skakel en te probeer uitvind waarheen sy oppad is maar ek twyfel of sy my sal sê”, is die antwoord.

“Kom ons probeer”, versoek Kas

Stephen skakel haar maar sy antwoord nie: “Kaptein sy antwoord nie maar ek sal maar kort kort probeer. Kaptein haar Audi het n tracker in en ek gaan nou die maatskappy skakel en hulle versoek om die motor op te spoor. Hulle sal die motor binne minute opspoor.

Morrison voeg ook daad by die woord en skakel die maatskappy. Hy gee die Audi se besonderhede deur en neem dit hulle nie vyf minute om die motor op te spoor nie. Dit staan by n handelaar in die stad voor in die straat geparkeer.

Kas en Morrison jaag dadelik met n flitsende blou lig op die dak na City Motor Dealers toe waar hulle die Audi in die straat voor die agentskap aantref.

Gelukkig is Kas betyds om die maatskappy se manne, wat ook op die toneel is, te keer om nie aan die voertuig te raak nie. Forensies word ontbied om die voertuig deur te gaan en terwyl hulle vir forensies wag stap Kas en Morrison die handelaarskap bine om uit te vind of iemand dalk iets opgemerk het toe die motor voor die agentskap geparkeer is.

Dit is n klein agentskap en wil die eienaar al sluit toe hulle instap. Kas toon sy kaart en word hulle na die kantoortjie gebring waar die eienaar homself voorstel as Johan Malherbe. Nadat hulle gaan sit het vra Kas dadelik: “Meneer Malherbe wat kan jy my vertel van die Audi wat hier voor in die straat staan”.

Malherbe frons: “Kaptein hierdie was n snaakse affère vandag. Dit was n blonde dame wat die motor daar geparkeer het en die agentskap ingekom het. Sy het my gesê dat sy dringend op soek is na n goedkoop tweedehandse voertuig vir haar ma. Ek het haar n goedkoop Volkswagen Chico gewys wat sy toe dadelik gekoop het. Sy het met n kaart betaal en is sy hier weg met die Chico. Ek het nog aangebied om die voertuig more in haar naam te registreer maar sy het my meegedeel dat sy haastig is en dit self sal doen”.

“Op my vraag wat van die Audi het sy my net gesê dat die motor later sal gehaal word”.

“Meneer Malherbe, het jy dalk n registraienommer op die
Chico”, vra Kas.

Malherbe knik sy kop; “Kaptein ek sal vir jou n afskrif van my afskrif van die registrasie sertifikaat maak. Sy het die oorspronklike saam geneem omdat sy die motor self wil gaan registreer”, en met die staan Malherbe op, maak n afskrif en oorhandig dit aan Kas.

Kas besluit dat dit al laat is en dat hy Morrison gaan terug neem na sy kantoor toe. Hy moet nog reël vir iemand om die woonstel oop te maak en met forensies om die woonstel deeglik te deursoek die volgende oggend. Hy moet ook n algemene boodskap opstel waarin alle polisiestasies gewaarsku word dat patrollie voertuie op die uitkyk moet wees vir Shireen en die Chico en dat sy gesoek word vir ondervraging vir die moord op Rebecca Morrison.

Shireen het net gewag totdat die geld na haar rekening oorgeplaas is. Haar tasse was klaar gepak en toe die oorplasing in haar rekenig verskyn het sy die tasse na haar motor toe gedra en die woonstel gesluit. Op haar nuuskierige buurvrou, Irene Terblanche, se vraag waar sy heen gaan was die kort af antwoord dat sy met vakansie gaan.

Shireen het geweet dat die Audi met n opsporings toestel toegerus is en sy binne minute opgespoor kan word. By die eerste tweedehandse handelaar het sy gestop en vir haar n goedkoop Chico gekoop, op die handelaar se vraag wat van die Audi het sy net geantwoord dat sy die motor later sal kom haal.

By die eerste vulstasie het sy gestop, haar motor vol brandstof gemaak en toe by n OTM om n paar duisend rand te trek. Wel wetende dat sy deur bewegings op haar bankrekening n spoor kan nalaat is die gedagte om kontant te gebruik om haar uitgawes te dek.

Kort kort oppad bel Stephen haar maar sy antwoord nie. Sy het net een begeerte en dit is om so vinnig sover as moontlik van die stad af weg te kom want sy besef nou dat haar volmaakte moordplan misluk het. Dat sy gejag gaan word is verseker en hoe verder sy van die stad af wegkom hoe beter.

Shireen kom die aand laat sover as Hanover waar sy besluit om die nag oor te slaap. Sy betaal kontant vir die nag se verblyf met die gedagte om die oggend vroeg weer die pad te vat Kaapstad toe nadat sy haar motor vol brandstof gemaak het. Sy wil n paar dae daar oorbly en dan weer padgee want sy besef dat sy altyd n tree of wat voor haar jagters sal moet bly totdat hulle opgegee het. As sy nie die volmaakte moord kon pleeg nie kan sy ten minste probeer om die polisie suksesvol te ontduik tot die stof gaan lê het na n paar maande.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed