DIE MOORD OP REBECCA MORRISON SLOTHOOFSTUK
HOOFSTUK 14
Vir Kas Dreyer begin n moeilike dag. Eers moet hy n tierende kolonel le Grange hanteer nadat hy moes verslag doen en moet erken dat Shireen deur sy vingers geglip het.
“Kaptein jy sit met n opgeloste moord en jy laat waaragtig die moordenares deur jou vingers glip”, merk n sarkastiese le Grange op toe Kas sy kantoor verlaat.
Kas vererg hom dadelik maar bly kalm toe hy omdraai om le Grange te antwoord: “Kolonel kry sal ek haar kry, dit belowe ek jou. Niemand kom van bloedhond af weg nie”.
“Kaptein die saak is opgelos wat my aanbetref. Jy het tot Vrydag om haar agter tralies te kry ander word dit n roetine soektog en gaan ek nie toelaat dat jy jou tyd verder op die opsporing van Shireen Hatfield mors nie”, antwoord le Grange maar in sy hart weet hy dat Kas haar Vrydag op die laatste eger tralies sal hê.
By Volksbank word hy dadelik gehelp en toe hy Shireen se rekening bestudeer besef hy dat sy vir n geruime tyd nie van haar kaart sal hoef gebruik te maak nie, sy het genoeg kontant getrek om n hele rukkie oor die weg mee te kom. Nietemin versoek hy die bestuurder van die bank om die rekening dop te hou en hom dadelik te verwittig as daar enige beweging op die rekening is.
Die ondersoek in haar woonstel lewer ook niks op nie. Al ligpunt is n haarlok wat forensies op die kleedtafel ontdek wat kan ontleed word om vergelyk te word met die hare wat in die Stanza gekry is. Baie van haar klere het agtergebly en is dit gou duidelik dat sy nie veel met haar saam geneem het nie.
Die middag vroeg moet hy boonop n baie sarkastiese pers hanteer maar kry op die ou end kry hy die joernaliste se samewerking om te sorg dat die berig dat daar na Shireen Hatfield gesoek word die volgende dag landswyd in die media sal verskyn.
Stephen Morrison staan ook die pers te woord en sit n prys van twintig duisend rand op Shireen se kop.
Aan Kas verduidelik hy: “Kaptein Rebecca het nie verdien om op hierdie wrede manier vermoor te word nie. Kry hierdie vrou en laat sy boet vir wat sy gedoen het”.
Dit is n moedelose Kas wat die aand in die bed klim en dadelik aan die slaap raak. Hy hoop net dat die koerantberigte reaksie sal uitlok want hy sal dit haat as hy van die saak afgehaal word.
Met haar aankoms in die Kaap boek Shireen by n gastehuis in vir n week en betaal kontant vir haar verblyf. Dit is waar Shireen n groot fout maak. Sy moes eerder elke nag by n ander gastehuis ingeboek het om die jagters van haar spoor af te kry.
Die gastehuis eienaar, Wallie le Roux, erken onmiddelik die foto van Shireen in die oggend koerant wat hy rustig sit en lees die oggend na haar aankoms.
Twintig duisend rand is nie te versmaai nie en skakel hy Kas dadelik nadat hy die berig gelees het.
Kas het geweet dat die belonging gaan resultate oplewer en toe sy selfoon lui, net nadat hy op kantoor gekom het, antwoord hy dadelik: “Dreyer wat praat”.
“Kaptein dit is Wallie le Roux van Sea View gastehuis in Kaapstad wat praat. Die meisie wat jy soek het gister hier by my gastehuis vir n week ingeboek”.
Kas voel hoe die verligting deur hom spoel: “Meneer le Roux ek reël dadelik dat sy gehaal word. Moet asseblief niks laat blyk nie en sorg dat sy nie n koerant in die hande kry nie want dit kan haar net weer op vlug laat slaan”.
Kas storm dadelik by die deur uit na kolonel le Grange se kantoor toe om hom die blye nuus mee te deel en te reël dat sy gearresteer en aangehou word tot hy in die Kaap kan kom om haar te gaan haal.
“Kolonel. Ek het haar. Sy bly in die Sea View gastehuis in die Kaap vir n week. Kan kolonel asseblief met die Kaapse bevelvoerder van moord en roof reël dat hulle haar gaan arresteer en aanhou tot ek haar gaan haal’, sê vra n uitasem Kas terwyl hy gaan sit.
Kolonel le Grange is n man van min woorde. Hy weet Kas sal nie met die versoek kom as hy nie doodseker van sy saak is nie. Sonder n woord tel hy die telefoon op om se eweknie in Kaapstad te skakel.
Kolonel Barnie van Niekerk, Die Kaapse bevelvoerder van moord en roof, en Louis le Grange is al van rekruut dae af saam in die polisie. Deur die jare het hulle mekaar leer ken en het daar ook n hegte vriendskap tussen hulle ontwikkel. Die gevolg is dat albei uit hulle pad sal gaan om mekaar te help en is dit nou ook die geval.
Dit neem le Grange tien minute om alles te reël en bespreek hy ook vir Kas plek op die middagvlug na Kaapstad asook dat hy by die lughawe afgehaal word.
“Gaan pak kaptein dat jy haar gaan haal. Vat daardie rooikop van jou saam dat julle twee is en daarna nie stories is nie. Jy weet daar moet n vrouelid by wees en gelukkig is jou vrou n reservis. Ek sal sommer vir julle plek terug op die aandvlug bespreek en dat julle hier ook by die lughawe afgehaal word”.
Barnie van Nieker laat nie op hom wag nie en het hy nog nie die telefoon behoorlik neergesit na sy gesprek met le Grange nie of luitenant Jasper Fouche word na sy katoor ontbied.
Die opdrag is kort en saaklik toe hy by kolonel van Niekerk aanmeld: “Luitenant daar woon ene Shireen Hatfield in die Sea View gastehuis. Johannesburg soek haar vir die moord op Rebecca Morisson. Neem twee vrouelede van die uniform mense saam en gaan haal haar. Kaptein Kas Dreyer sal op die middagvlug kom om haar te kom haal en wil graag weer met die aandvlug terug Johannesburg toe met haar”.
By die gastehuis aangekom gee die gastehuis eienaar dadelik Shireen se kamernommer vir Jasper en klop hy enkele oomblikke later aan Shireen se kamerdeur.
Die laaste wat sy verwag toe sy die deur oopmaak is polisie en voel sy sy word lam toe sy die man en die twee vroue konstabels voor die deur sien staan. Dit is die oomblik wat sy besef haar uur het geslaan en op Jasper se vraag, nadat hy homself voorgestel het, of sy Shireen Hatfield is knik sy net haar kop.
“Shireen Hatfield ek arresteer jou vir die moord op Rebecca Morrison. Konstabel boei haar en lees haar haar regte voor’.
Asof in n beswyming voel sy hoe die een konstabel haar hande agter haar rug boei en haar regte voorlees. Die ander konstabel kry haar goed bymekaar en weet Shireen, sy het die einde van die pad bereik.
Vroeg die aand word sy uit die selle gehaal en word sy aan Kas Dreyer oorhandig wat haar groet: “Goeienaand juffrou Hatfield. Ek is kaptein Kas Dreyer wat die moord op Rebecca Morrison ondersoek het. Jy is alreeds onder arres en het ons jou kom haal vir verdere ondervraging in Johannseburg en om Maandag in die hof te verskyn op die aanklag van moord op Rebecca Morrison. Ek gaan jou die keuse stel om uit eie vrye wil saam te kom sonder boeie of andersins sal jy aan my vroulike kollega geboei word”.
“Ek sal vrywillig saam kom”, antwoord sy.
Op die vliegtuig sit sy tussen Kas en Annetjie en ewe ingedagte merk sy n slag op: “Ek het gedink ek pleeg die volmaakte moord. Dit sou gewees het as daar nie so baie skeef geloop het nie”.
Kas glimlag: “Juffrou Hatfield, daar bestaan nie so iets as die volmaakte moord nie”, antwoord Kas.
Shireen bring die naweek in die selle deur tot sy die Maandag in die hof moet verskyn. Sy is egter nog vol moed dat Stephen haar te hulp sal snel en vir haar die bes moontlike regsverteenwoordigers sal kry om haar in die hof te verdedig en versoek sy dat hy haar in die selle besoek nadat Kas haar die Sondag oggend vroeg begin ondervra en die een dodelike bewys na die ander aan haar voorlê.
Stephen voldoen aan haar versoek maar kom sy dadelik agter dat dit n verbitterde Stephen is wat haar besoek.
“Jy moet my help Stephen. Kry asseblief vir my die beste prokureur wat jy kan kry om my te verdedig”, vra sy.
“Nee Shireen. Laat Rebecca wees wat sy was maar om vermoor te word het sy nie verdien nie. Jy het in elk geval genoeg geld van jou eie uit my uit om jou eie regs verteenoordiger te betaal. Ek is klaar met jou en gaan in elk geval teen jou getuig”, is Stephen se antwoord.
Toe hy loop laat hy n verpletterde Shireen agter. Sy is op haar eie besef sy en het die moord op Rebecca haar nou in die uiterste ellende gedompel. Lang tronkstaf is haar voorland en laat die gedagte haar bitterlik aan die huil gaan want vir haar het haar hele droomwêreld wat sy vir haarself gebou het in duie gestort.
Maandag pleit Shireen onskuldig voor landdros Maryna Vosloo op aanklag van moord op Rebecca Morrison.
Aansoek vir borgtog word geweier omdat sy geen vaste adres het nie en word die saak n week later na die hooggeregshof verwys omdat landdros Vosloo bevind dat dit
Dit n koelbloedige vooraf beplande moord was.
Vir haar daad word sy later in die hooggeregshof lewenslange gevangenisstaf opgelê. Reg en geregtigheid het weereens geseëvier
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Hierdie was n baie goeie en boeiende verhaal Neels, ek het heerlik gelees dankie