op die vierkant donkerhout kassie is ń vreemde landskap uitgekerf binne rus ń veeartsrekening en die as van ń hondekind diep swartklowe sny sy voorkop met dun witring hare rondom en strak staar sy oë na die verassing kassie in vyfster hotel op spierwit tafeldoek reik ń naallakhand na ń skuldkassie wat sy vierkantplastiek gou […]

nekspiere trek al my rieme vas stadig bind die knoop in my oog waarsku witwolkie stippels die pyn is nou tuis in jou voorkop ek trek eers ń dun verslete deken dan die dik wit kombers oor my moeë kop as die witstippels winterryp word in my breinklowe stippelwolkies waarsku van yskoue atmosfeer en as […]


Die maître d buig haar vorm sag oor tafelblad skuif leer met keuses voor, wat die aandag steel is haar hals monde sweet speek berei voor vir die geregte want eksotiese keuses was gemaak, droewige druiwe resultaat heelaas vervlak die gezoom gesels uitleg van buurman se bord ń wonder kosskouspel en vele geure vul neuse, […]

swart materie hang in hemelkaste in koue onbekende ruimtes ligjare ver water, sand, klippies en sement eers wyd versprei, vermeng staansaam as sterk beton sand drink branders totdat die almagtige gety net sy natbroek agter laat insekte broei voort ongeag die gedoom van vingers op plastiek in vlak plassies ongeag die spoke in kaste krake […]

my sweet bars uit sonder oefening my mond is droog sonder waternood en my brein staan stil as ons stadig langarmdans jou sweet bars uit in oefening jou mond is droog in waternood en jou brein flits rond as ons vinnig losdans los of saam dans is wat ons gloede bepaal al is die uitkomste […]


in ń rotspoel water skitter klein helder sonnetjies oor blou groen seegras, dis waar vissies wei en krappies nagkar werkies kry oor die rotse skiet witwater blou sout suig aan dieper swart seebamboes, dis waar haaie jag en krewe ablusie werkies kry oor witmarmerblad skiet ń versorgde ferm hand bo-oor glowe witpapier, dis waar skuldverhaalers […]

die boesman stof gat ń bed van sand gekussing met klip word verwarm in laat middagson en koue word met saam dans verjaag die sandsteen grot ń stil uitgekapte tuiste in woestyn winterwind die dak is swart gebrand en een vuur verjaag die koue velle en matte dakke maak ronde mure oor latte teen die […]

Ek hardloop deurdie reën druppels tref my voorkop en stort by my rugraad na benede, ek kyk af Ek wandel in die reën wat oor die landskap sak en my lyf is deurnat ek kyk op tyd in die reën bepaal nie die frons of ń glimlag, dit is die op of af nie die […]




