Jongste aktiwiteit:

Verrassings Kassies

op die vierkant donkerhout kassie
is ń vreemde landskap uitgekerf
binne rus ń veeartsrekening en
die as van ń hondekind

diep swartklowe sny sy voorkop
met dun witring hare rondom
en strak staar sy oë
na die verassing kassie

in vyfster hotel
op spierwit tafeldoek
reik ń naallakhand na ń skuldkassie
wat sy vierkantplastiek gou sal vergoed

in kantoor alleen bepeins
die baas sy verlies
in die koffieshops
lag die kredietkassie snobs




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed