Omwenteling
gister het ek die swaeltjies
sien swerm, ʼn V-formasie
teen ʼn vaal, vervelige blou
die son gevang in herfs se kou
en ek het gedink aan jou
in annerland waar tulpe nou
baldadig geilgeel groei
en my hart het stadig gebloei
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Maart 2025 – OOP projek