waterskeiding
–
my siel sit op lugkussing
waar my duin se basis was
is daar nou niks meer nie
–
tweifel suig in my hart
die Woord bevraagteken,
dit doen mens mos nie
–
waarlike liefde in jou hart
kom na jy waarlik kan vergewe
so interpreteer mense dit
–
wanneer barbaarse diere
my volk se vrou en kind verskeur
wil my hart nie vergewe
–
sluit ek die barbaarse dier in
dan wil my hart nie geluk ervaar nie
sluit ek hom uit voel ek vals
–
doen ek die een, dan is ek verlore
doen ek die ander, dan is ek ook verlore
doen ek niks nie, bly ek verlore
–
waar pas jy in, my siel
gaan jy saam met my hart onder
sal genade my hart versag
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.