Liefdespraal
in die spektrum
van my gemoed
vloei verwagting
in neonprag
gul skakeer ek dit
in orde van balans
kwas dit met woorde
teen die hemeltrans
sodat my beminde
bespat sal word
met liefdespraal.
©Driekie Grobler (Feb 2021)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek