Sop-en-sjerrie aande “Levinia, kom sny die koek!” “Wie se koek, my koek of jou koek, Katrien?” “Moenie jou stuitig hou nie, jou koek, natuurlik! Jy giggel verniet so lekker.” “Hierdie sop-en-sjerrie aande moet ent kry!” “Nee, hoekom Levinia?” “Die volgende dag is die ergste, jy weet mos, en my man het my al drie, vier […]
“Almal se penne neer, die tyd is verstreke!” Laat weet meneer Le Roux. Ons almal sit ons penne neer en vinnig word die eksamen antwoorde opgeneem. Wat ‘n verligting, nou kan ek gaan rus. Was so benoud oor hierdie vraestel, maar gelukkig was dit glad nie so moeilik nie. Ek neem my sak en stap […]
“Help my iemand, help my!” Sy skop weer verwoed teen die deksel van die kattebak. Ek moet myself los kry. Ineens hoor sy manstemme naderkom. Sy bly tjoepstil. Sy hoor hoe hulle nader stap, dan beweeg hulle weg. Trane loop nou oor haar wange. Sy draai haar gesig na die geroeste slot en stamp daaraan. […]
Tannie Bella woon in Madelief Tehuis vir Bejaardes. Sy sit in die gesellige televisiekamer. Tannie Bella is in ‘n rolstoel. Matrone het haar kniekombersie wat tannie Bella jare terug gehekel het, oor haar maer ou bene gegooi. Nou sit sy so, saam al die ander ou siele om televisie te kyk, voor middagete. Die ander […]

VREUGDE Dit is ‘n wonderlike lenteoggend. Lila is buite in haar ouma se vrolike blomtuin. Sy hoor die bure se kinders in hulle swembad baljaar. Die hondjies blaf aanhoudend; hulle is seker weer by die visdammetjie, besig om vir die visse te blaf. Die son se strale skyn sag en vul die lug met heldergeel […]
Die groot hout horlosie in ontvangs se wyser slaan oor na vyf uur. Wat ‘n verligting dink Lyndi, nou kan sy huis toe gaan. Dit was ‘n lang dag. Sy wil vinnig by die huis kom sodat sy kan regmaak vir haar eerste afspraak saam met Alex vanaand. Sy neem haar leer handsak, sit die […]
Donkerblou wolke pak saam, dit begin liggies te drup. Cindy stop in die parkeerarea en klim uit haar motor uit. Sy kyk in die blou lug in en voel die fyn druppels op haar mooi gesig val. Swaar reën is oppad en sy moet vinnig by die koffiewinkel in stap sodat haar mooi gekamde hare […]
Swart is die aarde, wit is die maan. Hier kom Kettie die vark op sy rooi fiets aan. Hy is gewapen met kettie en klip en skiet vir Doeks dat sy boepens so wip. “Hierts Kettie, kyk waar jy ry!” gil skaap. Hy jaag soos die wind. Skaap het rustig langs die dammetjie gestaan en […]
‘n Man strompel by die straat af en gaan sit op die asblikke buitekant ‘n restaurant se deur. Hy ruik die geure van die gebak en brou van die restaurant. Hy is honger maar vandag is hy so dors. “Hier sit ek vandag op die asblikke in die stegie. Hulle noem my die koning, Koning […]
