Jongste aktiwiteit:

Schönland

Schönland Roman
‘n Kort uittreksel

“Vlaktes!” Brett kyk om hom rond. Dis hier waar hy wil wees. Die sweet tap hom af. Hoeveel dae nog wil sy pa en die groep hulle hier hou? Sy pa wag natuurlik vir die groot oomblik. Hy kyk na sy pa, ’n ou perderuiter, ou leerbaadjie en ʼn ou hoed wat hom soos ’n handskoen pas. Hy het die begeerte om soos sy pa te wees – hard, vol selfvertroue en ’n man van integriteit. Sy pa haal die sakdoek voor sy mond af. Hulle is op pad terug kamp toe vir die nag.

Dis vroegoggend, maar Brett voel moeg. Hy het niks geslaap nie en verlang na Cindy. Die pyn in sy hart is so groot dat hy die vlaktes skreeuend wil injaag. Hy weet ook vir seker dat sy kwaad is vir hom. Hy probeer van haar vergeet.
Die berge lê voor hulle. Oral is stof. Hy is dors en sy perd ruik die water van die rivier nie ver hiervandaan nie. Die voëls vlieg net in sirkels om hom. Vroeër vandag het hy ’n arend gesien wat lyk of dit beseer was.
Die verlange na Cindy se mooi blou oë en lang, donker hare; haar reuk soos die jasmynblomme van die plaas, brand in sy hart.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed