Ontvoering van Lalie de Nysschen
“Help my iemand, help my!” Sy skop weer verwoed teen die deksel van die kattebak. Ek moet myself los kry. Ineens hoor sy manstemme naderkom. Sy bly tjoepstil. Sy hoor hoe hulle nader stap, dan beweeg hulle weg. Trane loop nou oor haar wange.
Sy draai haar gesig na die geroeste slot en stamp daaraan. Dit spring oop. Sy gooi haar bene oor en wikkel uit, maar val op die grond neer. Sy spring op en hop sukkel-sukkel tot in die bosse langs die pad. Sy is veilig, vir nou.
Die twee mans is terug by die motor en hulle soek haar. Tussen die bosse deur sien sy nog ‘n motor in die kronkelpad aangery kom. Dit lyk vir haar soos, haar man, Adriaan se motor. Lalie kan sien iets is aan die broei.
“Roy, jy en Louw het lekker opgeneuk, hoe gaan ek nou die geld uit haar pa kry?. Soek haar!” Adriaan se stem is duidelik hoorbaar.
Lalie skrik en haar hart begin woes te klop. Kalmeer Lalie, kalmeer, paai sy haarself. Voor haar lê ‘n skerp klip. Met ‘n gesukkel tel sy dit op en sny haar hande en enkels los. In die grondpad klink vuishoue en ‘n gestoeiery op. Sy maak haar verskyning uit die bos.
Adriaan sien haar en skrik. Die twee gemene skurke spring in hulle motor en jaag weg. Lalie kyk na Adriaan wat soos ‘n hulpelose pateet na haar staar.
“Jy wou my as losprys gebruik om geld uit my pa te kry?” Hy sê niks. Sy klim in Adriaan se motor, en skakel dit aan. Sy wil hom stamp.
“Jy sal nie regtig nie?” skreeu hy. Maar sy ry, hy koes gelukkig en val op die grond. Lalie de Nysschen se man is ‘n geldgierige vent met grou gedagtes. Sy jaag reguit polisiestasie toe.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.