Jongste aktiwiteit:

Sop en sjerrie aande

Sop-en-sjerrie aande

“Levinia, kom sny die koek!”
“Wie se koek, my koek of jou koek, Katrien?”
“Moenie jou stuitig hou nie, jou koek, natuurlik! Jy giggel verniet so lekker.”
“Hierdie sop-en-sjerrie aande moet ent kry!”
“Nee, hoekom Levinia?”
“Die volgende dag is die ergste, jy weet mos, en my man het my al drie, vier keer op my selfoon gebel.”
“Levinia, kalmeer nou, jy kom nooit uit nie, geniet dit nou! Vyftig is nog nie oud nie, hoor!”
“Maklik vir jou om te sê, vriendin, jy bly alleen. So sonder ‘n man in die huis, is enige iets moontlik,” glimlag Levinia skelm. “So, sê my bietjie, hoe gaan dit met daardie oulike man in Vierde-laan?”
“Gaan jou nie sê nie, jy is te nuuskierig.”
“Oeps, amper val ek af! Hierdie hoë stoeltjies is darem maar hoog hoor!”
“Nee, jy jok, seker die sjerrie wat nou gesels.”
“Hier, sny solank die koek Levinia!”
“Oeps, sny ek mis.”
“Sny jy my nuwe tafeldoek? Nee man, hier is die koek!”
“Nee wag, pak liewer die opgepofte tertjies in die bord, dè, hier! Ek sal die koek sny.”
“Alweer my bril by die huis vergeet!”
“Levinia, jy jok, jy dra nie ‘n bril nie.”
“Levinia, jy het nogal baie sjerrie gedrink. Ek voel ook nie te waffers nie en raak nou lighoofdig en naar.”
“Hier, sluk gou ‘n glas water af voor die ander twee ons sien. Water verdoesel maar altyd die hoofpyn na die tyd.”
“Die tertjies, koeke, kaasstrooitjies en vrugteslaai is klaar gemaak, gereed om te bedien in die sitkamer. Kan jy die broodjies en sop bring, Levinia?”
“Levinia ek het jou gesê, ons kan hulle twee nie alleen in die sitkamer los nie, hoor hoe val die glase in die sitkamer, kom!”
“En nou, wat gaan hier aan?”
“Lynette, pasop, hier is oral glasstukke wat rondlê. Nee, julle twee kan nie soos mal hoenders op die grond rondkruip nie.”
“Staan op, ek kry gou die besem.”
“Jou duur glase, Katrien!”
“Moenie bekommer nie, ek kan ander koop.”
“Die partytjie wou vanaand amper rof raak, julle! Sal ons liewer iets eet?”
“Ja, asseblief, Katrien, ons moet eet, ek voel al honger. Ons het lekker kaart gespeel, sjerrie gedrink, nog meer kaart gespeel en nog meer sjerrie gedrink. Julle geselskap is vanaand te lekker. Miskien gaan ons dit môre berou, of hoe sê ek nou, Suzanne?”
“Dankie Katrien, dit was ‘n gesellige aand met heerlike kos, maar ek en Suzanne sal moet huis toe gaan. Ek laai haar af.”
“Levinia, keer hulle! Julle tweetjies gaan nie nou ry nie, bly nog so uur of wat. Die show gaan dan nou eers begin,”
“Watse show?”
“Julle sal sien, sit nog, ek kom nou.”
“Meisies, kyk wat het ons hier, ‘n Chippendale in ‘n polisie uniform! Oe, dit is lekker dansmusiek! Onthou julle nog daardie aand toe ons die show gaan kyk het? ‘n Pragtige jong man, né? Kom hier, jong man, dat ek my arm om jou lyf kan sit! Nee, moenie om my dans nie! O, dit betower my!”
“Sit die musiek harder, Katrien!”
“’n Stripper! Hoekom het ek nog nooit daaraan gedink vir my sjerrie-beurt nie? So ‘n mooie man!”
“Nee wag, ek kry gou twee honderd rand, of is dit te min, … of te veel, ag wat, maak nie saak nie. Die mannetjie is alles die moeite werd. Sal ons dans?”
“Levinia, maak vir ons twee bottels sjampers oop en kom dat ons saam dans!”
“Hierdie partytjie gaan nog rof raak! Oeps amper val ek.” “Ek het net geweet julle gaan van die stripper hou!”
“Ag nee, Katrien, kyk hoe mors jy nou ons sjampers!”
“Ag wat, kom, laat waai met die klere en inhibisies. Nog sjampers! Geniet, meisies, vergeet van horlosies en afsprake. Enjoy!”
“Nog ‘n honderd randjies vir jou jong man!”
“Suzanne, jy bederf hom te veel, dè, kry nog ‘n sluk!”
“Niemand sal kon dink dat ons vroeër die dag kaart gespeel het en boring sjerrie gedrink het nie. Ek kan ook net sê dat daar te veel gekroek was, né julle drie?”
“Gekroek?, Wie het gekroek, Lynette?”
“Cheers op kroek! Hoe het my ma altyd gesê, by hook or by crook, I am the last one in this book! Kom ons klink ons bottels!”
“Levinia, dit was nou ‘n opperste hekselaggie!”
“Ja, en ek neem die laaste slukkie van die ‘book’, ag ek meen die bottel,”
“Moenie bekommer nie, daar is nog baie in die yskas!”
“Dit is die polisie, heng, die polisie is hier, Katrien!”
“Nee, wag hier moet ek uit, waar is my klere? Julle hoef my nie te betaal nie, ek spaander sommer by die agterdeur uit!”
“Kalmeer Levinia!”
“Ek kan nie!”
“Ruim op, ruim op!”
“Wag nou, meisies, kalmeer. Sit doodstil, bly waar julle is, sit af die lig, Levinia. Lynette, draai die radio sagter, ek sal dit hanteer, dit is tog my huis.”
“Goeienaand, kan ek jou help Konstabel? Sjoe, jou flits se lig is skerp!”
“Ummm …., goeienaand mevrou, jammer, maar ons het ‘n oproep ontvang vir rusverstoring in die area, maar ek vermoed dit is langsaan, jammer mevrou, lyk my ek is by die verkeerde huis. Jammer ek het gepla!”
“Manne, kom ons ry, ons is by die verkeerde huis!”
“Ek sit die lig weer aan, julle kan maar uitkom, hy is weg.” “Dit was baie eienaardig gewees, dit het gelyk of die konstabel ‘n spook gesien het, julle.”
“Maar my, Katrien!”
“Geen wonder die polisieman is op hol gejaag nie. Jy het nie ‘n bloes of onderklere aan nie!”
“Buurvrou, Katrien!”
“Môre buurvrou, rustige nag gehad?”
“Daar was êrens in die buurt laas nag, ongeskikte jong kinders wat vreeslik geraas en gekuier het. Hulle kon hulle-self glad nie gedra het nie, ek het die polisie gebel.”
“Ummm ….. ja, niks gehoor nie, verskoon my buurvrou, ek is oppad kerk toe. Tata,”




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed