Die draai in die pad My tien vingers tel my pad tot hier; die vuur van gister sak nou tot as. Ek vee die syfers uit die stof, maar in my handpalm bly iets vas. Ek verlaat die pad van enkelsyfers en stap die oopte met huiwering in, tot waar een en nul langs mekaar […]

Lien se wedloop Lien leef nog altyd in die skadu van haar prestasies. Op skool moet ’n mens die beste wees: die hoogste punte kry. Wanneer haar vriendinne oor hulle prestasies praat, glimlag Lien, terwyl die knop in haar maag stywer trek. Dit is makliker om saam te hardloop as om te vra waarheen almal […]

Die son het oor Keetmanshoop se sinkdakke gebrand toe die pouseklok gelui het. Sus het haar kosblik oopgeklik. Toe het sy Betsie se spottende stem gehoor. “Kyk hoe lyk jou skoene, Lilly!” het Betsie katterig gelag. “Kom hulle van die ashoop af?” Sewejarige Lilly se wange het vuurrooi geword. Sy het haar stukkende tekkies probeer […]

Ek is seker dat dit een van die gewildste verskonings van ons tyd is. Ons het nie tyd om te lees nie. Daar is glo nie tyd om te oefen of by familie te kuier nie. O ja, en beslis nie tyd om stil te word en te dink nie. Tog vind ons sonder moeite […]

Erosie en daar staan jy nog: Adamastor waar Afrika sy donker skouer teen die suide draai waar die wind ou stories uit jou klipskeure haal sout lê wit in jou klipplooie ek kom nog sonder vlag sonder kruis sonder naam net water en met die maan se hand […]

Al wat sy kon red Sonika Nagarkoti is net dertien. Oud genoeg vir skoolboeke, te jonk vir ’n wrede wêreld wat skielik onder haar voete verdwyn. Toe die berg begin grom en spoeg met klippe in sy mond dwarsdeur die dorp storm, het niemand haar nog geleer hoe om ’n lewe te […]

Padkos vir die hart Tema: Wat stories aan mense doen. (Woordtelling: 1 343) Daar is iets aan die langpad. Dit maak mens rustig. Na die eerste honderd kilometer dink jy nog jy gaan fluks deurdruk. Teen die derde honderd kilometer begin die koffiefles belangriker lyk as die landskap en wonder jy hoekom elke padteken skielik […]

Die laaste koevert Die eerste ding wat Lien Meiring van Rooidam geleer het, was dat ’n mens in ’n klein dorp nie as nuut aankom nie. Jy word opgemerk. Die vrou agter die toonbank van die kafee het opgehou om ’n brood in ’n bruinpapiersak te druk toe Lien instap. “O, jy is seker die […]

Alles onder die son Tema: Die stories wat binne bly. (Woordtelling 1274) Daar is mense wat ’n mens leer lees. Ander leer jou luister. Die skool het my leer lees. Maar my ouma Lilly het my geleer dat ’n storie oral kan wegkruip. Vandag onthou ek nie elke verhaal wat sy vertel het nie. Ek […]

voete in die stof my voete het oor die jare baie paaie geloop, van my eerste treë in Upington tot in Suidwes se stof; ons ses kinders se voetspore het ons huis gevul, langs my het my skoolliefde se hand myne vasgehou met my Canon het ek die mooi in oomblikke vasgelê, met […]




