Padkos vir die hart Tema: Wat stories aan mense doen. (Woordtelling: 1 343) Daar is iets aan die langpad. Dit maak mens rustig. Na die eerste honderd kilometer dink jy nog jy gaan fluks deurdruk. Teen die derde honderd kilometer begin die koffiefles belangriker lyk as die landskap en wonder jy hoekom elke padteken skielik […]

Die laaste koevert Die eerste ding wat Lien Meiring van Rooidam geleer het, was dat ’n mens in ’n klein dorp nie as nuut aankom nie. Jy word opgemerk. Die vrou agter die toonbank van die kafee het opgehou om ’n brood in ’n bruinpapiersak te druk toe Lien instap. “O, jy is seker die […]

Alles onder die son Tema: Die stories wat binne bly. (Woordtelling 1274) Daar is mense wat ’n mens leer lees. Ander leer jou luister. Die skool het my leer lees. Maar my ouma Lilly het my geleer dat ’n storie oral kan wegkruip. Vandag onthou ek nie elke verhaal wat sy vertel het nie. Ek […]

voete in die stof my voete het oor die jare baie paaie geloop, van my eerste treë in Upington tot in Suidwes se stof; ons ses kinders se voetspore het ons huis gevul, langs my het my skoolliefde se hand myne vasgehou met my Canon het ek die mooi in oomblikke vasgelê, met […]

sy papa noem hom Rolihlahla met sy eerste asem wat beteken: om aan ’n boomtak te trek of moeilikheidmaker dalk moes juis sy hand aan onreg se takke kom trek tot diepgewortelde wette kraak vir nuwe uitsigte op Robbeneiland word mens gereduseer tot 46664 agtien jaar klots koue Atlantiese waters teen rotse onder genadelose […]

Ek parkeer in Elsa se oprit. Toe ek uitklim, val my oog op die tassie op die agterste sitplek van my Golf. Vrydae drink Elsa en ek koffie in haar kombuis. Vandag het ek egter nie net vir koffie gekom nie. ’n Paar minute later sit ons oorkant mekaar aan die tafel. […]

ek het met my stukkende elmboë by jou lessenaar kom staan en vertel van die val by die netbal die stof en bloed en die kinders wat gelag het dis nog niks, het jy gesê toe ék so oud soos jy was moes ons kaalvoet skool toe stap ek het later probeer vertel […]

“Onthou julle die dag toe Oupa Niklaas moes opstaan om oor sy sny brood te kon sien?” Nog voordat iemand die storie behoorlik kon vertel, val ’n stem aan die oorkant van die tafel in: “Dis nog niks. Laat ek jou vertel van Ouma Lilly op Kaiingbulte …” So het dit altyd […]

Daar is mos altyd daardie gretige een wat inspring en jou storie kom oorvat nog voor jou eerste sin ordentlik sitplek kry. Jy bring self die storie tafel toe, versigtig, mooi toegedraai, maar iemand anders pluk plotseling die haas uit die hoed en dien dit as hoofgereg op. So word elke anekdote ’n wedstryd van […]

Toe Lien regs draai, dink sy sy stap terug klipgrafte toe. Sy kom net tot by die eerste grensdraad se hoekpaal. “Mevrou Meiring!” Saara se stem sny oor die oop stuk grond soos ’n mes deur warm brood. Lien draai om. Saara staan by die klubhuis se agterdeur met ’n vadoek oor […]




