LIEFDE die antwoord miswolksag jou grepe van hoop liefgelukkig ontvang ek jou jy vul my yskoue bestaan met warm omgee vasge-anker met ‘n lewenskoord ek lééf in jou bestaan jy hou my hart in jou hand in bloulugsfere reik ek na jou sonskyn arms stadig draaiend hou jy my styf teen jou wys my die […]

Het jy al? het jy al die bosveldmaan geproe wyl jy motvlerkwapper daarvan skink hy smaak helderblink doudruppelblou as hy knipoog vir jou met ‘n flertsie sku het jy al die sonbesiesang gesien dis net soos trommelvoetstappe oor jou warm lyf hoendervleiskoud die grootsheid daarvan dat hul afkoel deur hul irriterende gekyf het jy al […]

Want toe was jy nog lief vir my (SPERSTREPE) Ek huiwerstap met trae voeteval versigtig, verleë, verward jou sperstreep woorde wat om my knal slaan my menswees plat, hortend en hard niks wat ek doen is ooit goed genoeg alleen in my binnekamer sal ek aanhou wroeg binne die sperstreep van jou eie norm is […]
Toegekurk Op die stoep van my onthou Liefde en omgee, kosbaar getrou Maar binne, ‘n warboel vrae Dit vul my bestaanlose dae Genade van my Hemelse Vader abbadra my oor ‘n stukkende pad vele momente en gedagtes eskader skiet met gebed in hoogste rat elke keer as my diepste wese geraakword deur lééf se vrese […]

Trek aan my serp ek skryf vir jou ‘n brief hier uit vroegherfs se onthou daar was blare uit die lug wat roesbruin oor jou vou my gemoed was lig dog swaar toe jou liefde, stuwend dors dringend maar vol halt wintervat vooruit ontspoor herfs het ook vir jou ‘n kaalbasmus gebrei die geur kan […]
Alleen wie wie is jy, wie is ek as jy daar doer en ek net hier gedagtes wissel maar wel versuim oor ‘n kuberruim ‘n nagkombers oor ons harte aan te trek? wie is jy en is ek gek om jou beelde vas te vang in grepe van seisoene of harmonië van kleur oor jou […]
Liewe Heer, dankie vir denke en dat dit wêrelde oopmaak dankie vir gehoor en die reënboog van klank dankie vir reuk en die aroma van lééf dankie dat ek met geestlike oë U Genade kan ervaar dankie dat my oë U werke hier op aarde kan aanskou, dankie vir die smaak op my tong, meestal […]
Lente heimat Sonskyngeel en oranjerooi die blommetjies in my tuin doudruppelblou die helderheid van die lug soveel kleurvoller as die winter, nou in volle vlug ontwaak die natuur weer uit doodse koue puin swemtemperature beur na die kruin edelsteengroen blaartjies vou oop met blye sug lente ry bloots op somer se rug spookwitlyfies lê tussen […]
Oorwinning bring vir my ‘n pleister plak dit oor die seer van hierdie storm die een wat brul en brom en braaf my gees met vernietiging wil skaaf vee net eers die bruisende bakterie wat afbreek en kil-kouend knaag plat baai dit in soutwater traangevulde skoonmaak nog ‘n keer skoon op my knieë, Heer versigtig […]




