Jongste aktiwiteit:

het jy al?

Het jy al?

het jy al die bosveldmaan geproe
wyl jy motvlerkwapper daarvan skink
hy smaak helderblink doudruppelblou
as hy knipoog vir jou met ‘n flertsie sku

het jy al die sonbesiesang gesien
dis net soos trommelvoetstappe oor jou warm lyf
hoendervleiskoud die grootsheid daarvan
dat hul afkoel deur hul irriterende gekyf

het jy al in die bokoogspieël van ‘n koedoebul
gehoor hoe hy vir jou met engeltale kyk
geniet van die appels in jou kruiwahand
dankbaar vir jou fluister met ‘n klanklose brul

het jy al ‘n grasspriethalm hoor dans
soos ‘n wilde-warrelwind woekerwals
in gousblomgeure van goudgeel gras
het jy sy weenklaag al gesien?

het jy al die tarentaalsporestof geproe
as hul in bosveldhitte met swierige solo’s swem
die veld in duik-en-vlinderslag skoon sing-en-skrop
met ritmiese rieldanspassies rol-en-ruk

©Tharina Schnetler




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed