Jongste aktiwiteit:

Liefde is die antwoord

LIEFDE die antwoord

miswolksag jou grepe van hoop
liefgelukkig ontvang ek jou
jy vul my yskoue bestaan met warm omgee
vasge-anker met ‘n lewenskoord
ek lééf in jou bestaan

jy hou my hart in jou hand
in bloulugsfere reik ek na jou sonskyn arms
stadig draaiend hou jy my styf teen jou
wys my die wêreld in raampies van tyd
elke treë saam ‘n geskenk van bo

koesterend hou jy my teen jou hart
soen my teer en seël ‘n belofte van more
jy geur my hoop met jou asem
as ek met jou deur my lewe loop
L I E F D E die antwoord

©Tharina Schnetler




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed