Digters liriek
Hoor my taal…
meesleurend in sy daad –
hoe hy lof besing
of hartseer bring.
Sien sy kuns…
vormend op papier
met woorde dans
agter masker skans.
Voel sy passie…
eksoties dog luimig
jou verstrengel in sy greep
voor ink se laaste streep –
Rol op my tong my taal
laat digters pen jou vas nael.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.