Jongste aktiwiteit:

Jy

Jy

Daar is poele in jou oë waarin ek hopeloos val
dit sleur my weg na ‘n eindelose dal
ek verloor my gedagtes by die hoor van jou stem
as jy telkens probeer om my seerwees te tem

hopeloos is ek verslaaf aan jou
totaal en al verlore en flou
vir ewig het jy my hart kom beset
toe jy my uit hierdie gat kom red

een vir een het jy my trane kom pluk
dit is gister wat my vreugde wegruk
maar vandag bied ‘n nuwe uitdaging vir my
toe ek in die spieël kyk, is dit ek en jy

© Tharina Schnetler




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed